Dinsdag was Marilize Nortier (18) se begrafnis gehou op Oudtshoorn. Dit was ‘n baie hartseer dag vir my – en ek het die hele dag aan jou gedink – al het ek jou nie geken nie. Ek deel in die smart van jou familie, vriende en mede skoliere. Ek weet dit was ‘n nagmerrie dag vir elkeen van jul en waarvan elkeen van jul skop en stoei om wakker te word uit die droom. Elkeen van jul se lewens het vanaf daardie oomblik verander.
Ek het met baie mense gepraat wat jou geken het en elkeen was uit sy hart uit – net vol lof vir jou. Jou lewenslus, jou lag, jou menswees, jou omgee vir ander, jou positiewe uitkyk op die lewe, met ander woorde jy was soos baie wens om te wees. Jy was in jou matriekjaar – net ‘n paar maande voordat die wereld gereed gemaak het – om jou in die grootmens wereld te ontvang en ons aan jou talente te kon blootstel. Marilize rus in vrede en as daar iemand is wat verdien om in vrede te rus – is dit jy!!
Ek wil net bietjie agtergrond gee oor die storie. Marilize het saam met haar maats gekuier op die dorp en op een of ander manier het sy saam met ‘n jong man in sy motor gery gedurende die vroeg oggend-ure. Die motor het die pad verlaat – vermoedelik teen ‘n hoe spoed. Op sy dak geland in ‘n vlak spruit. Die jong man het uitgespring en weggehardloop (seker onder die invloed van drank of iets….??). Hy het Marilize net so in die motor gelos en eers ure later is die ongeluk aangemeld nadat hul reeds ‘n prokureur geraadpleeg het. Polisie en nooddienste is ook eers laat na die toeneel ontbied, waar hul vir Marilize in die motor gekry het. Sy was toe reeds oorlede. Die lykskouing het bewys dat sy nie dood is weens beserings tydens die ongeluk nie, maar dat sy wel verdrink het in die spruit.
Ja – jy lees reg – sy is daar gelos en het in die spruit verdrink.
Laaitie – dit is geen wonder die hele Oudtshoorn gemeenskap is briesend nie!!! Jy is die grootste slapgat van alle slapgatte. Jy kruip agter jou ouers en prokureur se broekspante en rokspante weg - soos net jul ruggraatloses kan doen. Ek ken jou ook nie, God Dank, maar ek ken jou tipe. Jy was weer net die “OU” daar by die kuierplek en die “coolste” seker van almal. Hoe Marilize saam met jou in daardie moter beland het, gaan net my verstand te bowe?? Maar nou wat jy veronderstel is om op te staan en verantwoordelikheid te vat vir wat jy aangevang het, kruip jy eerder soos ‘n klein lokasie hondjie, weg. So pis, pis!!
Ek hoop dat geregtigheid sal seevier. Ek glo jy en jou verteenwoordiger sal nou weer met baie lang en soetsappige stories na die hof gaan, want dit is jou reg ………. Ek wil jou net se : onder van die ander aangehoudenis in tronke, is daar nie regte nie en hul sal jou buig. Jy gaan krom staan en sterkte daarmee!!! Wie ookal jou van die toneel weggevat het – verdien dieselfde!!
RIP Marilize
KGDT
Comentarios