top of page
Search
KGDT

Rugby Wold Cup Update 2019

Bobbejaan Spanner hardloop pale toe met 'n gesprek oor... Rugby, skop, skop en skop! Spaghetti, balle, skeidsregters, egos en vele meer.


So trek ons amper in die helfte van die “world cup” en wat ‘n voorspelbare besigheid, behalwe vir die Japanners, maar die slim ouens se vir my : ek verstaan netnie die world cup nie!! Dit gaan blykbaar oor die ontwikkeling van rugby. Om swak spanne die kans te gee om deur die sterker spanne verneder te word, deur hul tweede spanne te kies vir daardie games en dan nog steeds gerieflik met 50 of meer punte te wen. Wat het die verloorspan ontwikkel? Volgens my net hul kuite!! Hul “skill levels” in die verdediging is nog baie swak en dit gaan nie lank wees voordat van hul baie seer gaan kry. Daar is baie maniere om rugby te ontwikkel anders dan om hul bloot te stel aan die krag reuse van wereld rugby. Bied vir ons ‘n beker aan wat geskoei is op krag teen krag, sodat ons elke 4 jaar goeie rugby kan sien.

Die eintlike ding waarby ek wil uitkom is die gekak en kerm oor die skeidsregters. Dit het my opgeval dat dit net die verloorspanne is wat so aangaan oor die skeidsregters. In teendeel, Rassie en Sticks het al voor die game teen die All Blacks oor die skeidsregter tekere gegaan. Lyk vir my toe net soos twee ballet meisietjies met hul pienk pakkies wat tantrums gooi omdat hul nie sweets kon kry voordat hul gedans het nie. Laat ek jul nou vertel – ons kan baie bly wees die All Blacks het maar ‘n baie swak game gehad, maar klinies was hul beter as ons. Dit was beslis nie die skeidsregter se skuld dat Willie le Roux – ses of sewe hoe balle op hom – aangeslaan het nie. Ook nie sy skuld dat Faf tien balle regop die lug ingeskop het of die ander tien net doelloos weggeskop het nie. Dit is ook nie sy skuld dat ons verdediging toelaat dat die All Blacks twee driee - agtermekaar gaan druk - sonder dat daar ‘n vinger op hul gele word nie. Los die skeidsregters en speel die game - sou oom Boy Louw gese het!!

Dan die ander ding. As ek nou verder op televisie, koerante, braaivleis vure, kroee, kantore en winkel sentrums se toilets moet hoor hoe mense ure sit en uitwerk wat moet gebeur in die world cup sodat ons teen wie en wat en hoe in die world cup kan speel – beskuit ek my. Dit spreek boekdele van ons onsekerheid (insecurity)!! ‘n Kampioenspan speel teen wie ookal oor sy pad kom en bid nie hul kniee deur vir ander om te verloor nie. Ek wil dit nie se nie, maar kyk net na die All Blacks. Hul fokus net op die volgende game en nie nou al op die kwarteind rondte nie. Dus leer by hulle. Hulle is tog allermins die wereld leier in rugby. Los jou ego en moenie skaam wees en vind liewer uit hoe hul dit doen?

Hul het vanoggend teen Canada weer baie mense bang gemaak. Lyk my hul gaan weer “peak” op die regte tyd. Scary vir ons – ne??

Vir die bokke is dit - Italie – Vrydag. Neek die spaghetti gatte lekker op en speel die game!!! Vergeet van al die ander goetertjies!!

Till Next time

KGDT

12 views1 comment

Recent Posts

See All

1 Comment


claudiabrink14
claudiabrink14
Oct 03, 2019

Ja nê...die ref kry maar altyd die skuld...LOL..

Like
bottom of page