top of page
Search
KGDT

Minibus Taxis in Suid Afrika

Bobbejaan Spanner gesels biekie oor taxis, mense wat vroeg opstaan, hard werk en laat gaan slaap!



Nou die dag staan ‘n maat van my weer en kak en kerm oor die mini-bus taxi’s wat dan nou so vreesaanjaend jaag in die verkeer en hul moet “dit” en “dat” met hul doen en bla-bla-bla gaan hy net aan. Geen brieke nie. Ek naderhand hy is besig om stuipe te kry. Ek moes later vir hom se : wag – stop die taxi net daar!!! Jy gaan omval hier en wat de fok maak ek dan met jou?? Ek ken nie noodhulp nie (ressisatation).


Toe besluit ek om bietjie te lees oor die Taxi bedryf. Daar is plus minus 250 000 mini-bus taxi’s op ons paaie, daagliks. Dit verteenwoordig 75% van mense wat van die vervoer gebruik maak (werk toe, skool toe, universiteite toe ens.). Dit is ‘n R50,0bn bedryf per jaar. Maar die belangrikste is dat daar elke dag 3 mense sterf in taxi ongelukke.


Kom ons kyk na die absolute belangrikheid van die bedryf in Suid-Afrika. Hul vervoer daagliks miljoene mense van vroeg in die oggend tot laat in die aand. Wie is hul kliente? Dit is mense uit informele nedersettings en woonbuurte waar hoofsaaklik swart mense woon. Hul is heeltemal afhanklik van hierdie bedryf om by hul bestemmings te kom en terug. Die drywers maak tussen 15 en 20 trips in die oggend om te sorg dat almal betyds kom waar hul moet wees. So met ander woorde, soos hy daar ry, is daardie man besig om te werk en nie net besig oppad werk toe nie. Die land se ekonomie is afhanklik van hom!


Nou kom ek by die wat so kreun en steun oor die drywers! Buiten die 3 mense wat daagliks sterf in taxi ongelukke, is daar 36 sterftes per dag, waarin taxi’s nie betrokke is nie. So “maneer” en “mevrou” wat so kerm en kla – besef jy watter tyd daardie drywers al begin werk om jou mense betyds by die werk te kry, terwyl jy nog tog so snoesig in jou bed le en vrot….. Hul werk is om hul kliente betyds by die werk te kry, anders word hul afgedank deur “maneer” of “mevrou”, want “maneer” of “mevrou” ry mos elkeen in sy eie kar werk toe en terug en die kinders word afgelaai by die skool en dit en dat en allerhande kak storietjies. Sara moet betyds wees – want as sy laat is – is my hele huis laat!!! Hermantjie gaan laat wees vir sy afsprakie!!!! So Sara jy kak as jy laat is en se sommer vir daardie taxi drywer van jou – hy moet fokken ordentlik ry. Al beteken dit – Sara moet een uur die more opstaan!!!!


Nou hoe gemaak? Dit is duidelik dat die taxi’s nie weggewens kan word nie – al is almal van hul nie engeltjies nie, maar so ook nie ons ander padgebruikers nie. Taxi’s ry met gemiddeld twaalf passasiers, party druk hom bietjie hoer na so 24 -25 toe, maar dit daar gelaat??? As ek so in die verkeer sit en ek sien hoeveel mense alleen in hul karretjies sit oppad werk toe of oppad waarheen ookal – dan kan ek nie anders om te wonder – wie neek nou eintlik die verkeer op??? Jammer om te se, maar dit is jy meneertjie en mevroutjie. As jul net twee-twee wil saamry – is die verkeer die helfte minder. Nou is dit weer die oe en die aa, want ek werk tog so fokken hard!!!!


Kom ons kyk na padgedrag waar die taxi’s ook aan deel het, maar wat van die gewone padgebruiker. Die ouens met die groot voertuie, 4 x 4’s ens. wat jou die heel tyd van die pad wil afry om een of ander rede? Ou mense, waarvoor ek baie lief is, kan lankal nie meer bestuur nie, maar ry heel dag voor jou in. Noudie dag ry ‘n middeljarige vrou my amper vrek by die voetoorgang. Sy kyk my in die oe en ek vir haar, maar in haar oe sien ek niks. Daar is absoluut niks!! Al wat ek sien is Xanax (pille). 90% is mos op pille en ry kak, maar dit is oraait. Solank dit net nie ‘n taxi is nie. Dan praat ek nog nie eens van die ouens met die meneer karre (BMW/Mercedes). So kan ek aangaan en aangaan, heel dag lank.


So ek kom tot die slotsom dat die grootste kakmakers en swakste bestuurders, is ons gewone padgebruiker. Ons is maar te gemaklik om op die taxi “band wagon” te spring! Met ander woorde, as jy weer ‘n taxi bestuurder wil vloek, vloek eers die 10 ander ouens wat voor hom nie by die reels gehou het.


Volgende keer as jy ‘n taxi sien aankom, behandel hom soos ‘n noodvoertuig en maak spasie, want hy is besig om te werk!!!! Groet hom en jy sal dalk verbaas wees om te sien dat hierdie drywer jou terug groet.

Wees veilig op ons paaie alle taxi’s en ander padgebruikers.


Till next time

KGDT

42 views2 comments

Recent Posts

See All

2 comentarios


claudiabrink14
claudiabrink14
20 sept 2019

Was a good read, that provided for some good laughs... Definately a fresh perspective... Well done, KGDT 👌👏👏✨

Me gusta

Mariaan du Toit
Mariaan du Toit
20 sept 2019

Ek kon nog nooit daarvan sin maak nie.Hierdie inskrywing het nou baie gehelp om dit van n ander oogpunt af te bekyk.Dankie KGDT

Me gusta
bottom of page