top of page
Search
KGDT

Optimis versus Pessimis

Is die glas half vol of half leeg, wat sê jy? Bobbejaan Spanner bevraagteken die verskynsel wat al vir jare saamgesleep word.

Nou die dag gesels ek en ‘n vriend van my en hy sê, nadat ek so kla oor alles in die land, dat ek nie so pessimisties moet wees nie en meer optimisties moet wees - wat my laat wonder het, wat is die verskil tussen die twee?


Ek het besluit om daaroor op te lees en so my eie opinie gevorm. Ek het tot die konklusie gekom dat dit nie so sleg is om ‘n pessimis te wees as wat mense dink nie. ‘n Politieke kommentator genaamd, George Will wat al die Pulitzer prys gewen het, het dit baie mooi opgesom deur te sê: “The nice part about being a pessimist, is that you are constantly being proven right”.


Ek het verder die “cliché” van die half vol of die half leë glas - wat reg oor die wêreld gebruik word vir myself probeer verduidelik. As jy ‘n 100 liter water tenk het en daar is net 50 liter in – is hy half vol of half leeg. Maak nie saak hoe jy dit sien – half vol of half leeg. Die feit bly staan, jy het net 50 liter water oor.


Die “ou” wat so op die half vol half leë waentjie ry, sal net normaal aangaan, want vir hom is alles 100% reg. Die pessimis sal dink ek het net 50 liter water oor en dan aan ‘n plan begin dink hoe om die tenk weer vol te kry. Dit is presies wat gebeur het met die water tekort in die Wes Kaap. Daar was te veel optimiste in die Provinsiale en Munisipale regerings wat gedink het die damme is darem nog half vol. As daar meer pessimiste was onder daardie mense, sou hulle ander oplossings gesoek en gevind het, want die damme is volgens hul half leeg.


Bogenoemde sê vir my dat die optimis die persoon is wat nie die waarheid in die oë wil staar en daarvolgens optree nie. Dit is waarom ek vra: waar is die optimistiese ouens van 20 jaar terug? Wat het van hulle geword?


Twee treine storm op mekaar af, op dieselfde spoor. Die pessimis gaan sien hier kom groot moeilikheid en ‘n plan probeer maak, al is dit om van die trein af te spring, maar die optimis gaan sit en wag, want hy is optimisties dat die twee treine mekaar gaan mis.


Aan al die pessimiste wat sien wat in ons land aangaan en wat vorentoe gaan gebeur -julle sal weereens reg wees. Ek weet dat julle nou al sal begin planne maak om dinge reg te trek. Aan al die optimiste kan ek net sê – hou aan droom eendag word dit dalk bewaarheid.


KGDT

44 views1 comment

Recent Posts

See All

1 commentaire


Mariaan du Toit
Mariaan du Toit
09 sept. 2019

Ware optimiste is ook glad nie gepla met verloor nie.So alles wat krom en dom in die land is, kyk hulle seker by verby.Dis goed om 'n positiewe uitkyk te he,maar eindelik moet realiteit en logika inskop.

J'aime
bottom of page