Bobbejaan Spanner skop af met 'n gesprek oor rugby, die wêreldbeker, mense met min woorde, die grootste yster in SA rugby en nog vele meer.
Kom ons begin by die wêreldbeker.
Die span word aangekondig met ‘n vreeslike “fun fare”. Die spelers wat gekies is lyk die meeste verbaas van almal. Verseker het hulle ‘n week voor die tyd geweet wie gaan saam en wie bly, want daar moes sekerlik klere gemaak word vir hulle. Ons as publiek het maar net gewonder wie van Elstadt, Galant of Kwagga gaan by die huis bly.
Die hele sirkus kon korter gewees het as hulle net gesê het Elstadt bly by die huis.
Volgende stel hul die Rugby Unie se President voor om die manne voorspoed toe te wens. Hy staan toe maar en hoes en proes en het nie veel te sê nie. Hulle speel toe maar ‘n vooraf opgeneemde toespraak. Jis, het ek geglimlag – dit is swak. Gedink ‘n man op daai vlak sal darem agter ‘n mikrofoon kan inskuif en ‘n paar woorde sê!
“Next” word die spelers voorgestel. Baie mooi gewees. Families en alma maters was ook daar om hulle sterkte toe te wens.
My probleem is, hier kom die grootste yster in SA Rugby naamlik, Malcolm Marx opgestap. Sy video is van so ‘n klein simpel mannetjie met so ‘n skewe hoedjie op sy kop wat geluidjies maak soos ‘n hond met ‘n maag wat skelm op jou buurman se gras skyt. Ou maat, ek is seker as Malcolm jou gesien het, sou hy jou sekerlik hard gebliksem het.
Dan is daar Etzebeth, volgens my opinie, die mees “overrated” speller in die groep, maar dit daar gelaat. Hy is toe die naweek betrokke by goeters of al dan nie – daar in die Weskus by die seiljag klub en later by ‘n ander dronknes in Langebaan, maar ek wil nie oor hom skryf nie! Ek wil die polisie net vir hul werk bedank, want ek lees in die koerante dat hy al teen Maandag deur die polisie kwytgeskeld was. Ek wonder toe net van wanneer af kan die polisie iemand kwytskeld? So ook wil ek die ondersoekbeampte gelukwens met die vinnige ondersoek. Indien alle sake in Suid Afrika so vinnig aandag kan geniet, is al ons probleme opgelos!!!
O ja, so terloops daai man met die skewe hoed waarvan ek vroeër geskryf het, sy naam is blykbaar Jonathan, so is ek deur my vriende ingelig.
Aan die bokke, sterkte manne! Maak ons trots en “enjoy die party”.
Cheers
Tot next time
KGDT
Knap gedaan KGDT!
Daar gaan jy ou Spanner Ou Grote sou van jou gehou het Uit die perd se bek
Dankie KGDT! Great afskop, ons sal kyk wie druk die eerste drie! 🇿🇦