top of page
Search
KGDT

Suid Afrika | Nigerië

Op 'n meer ernstige noot...Xenophobia, dwelms, Hillbrow, Sunnyside, Boko Haram, jou siel verkoop, 'n burger wat smeek en 'n brandende Suid Arika!


Suid Afrika en Nigerië is die 2 sterkste ekonomieë op die Afrika vasteland - waar Suid Afrika in ‘n mindere mate van Nigerië afhanklik is, as wat hulle van ons is. Op die diplomatieke front het ons as Suid Afrika baie beter en sterker bande met oorsese lande en groot organisasies.


Nigerië lyk min of meer so:

- Groot konflik tussen Christen en Moslem groepe, waarvan die Moslem groep

Boko Haram die aggressor is (10 jaar gelede gestig).

- Bokko Haram het meer as 30 000 mense vermoor en 2,2 miljoen mense het gevlug.

- 300 Skool meisies was ontvoer waarvan net 100 teruggevind is.

- Ondersoeke word vertraag weens korrupsie in die regering, weermang en polisie.


Hierdie laat die Zuma en Gupta sage na ‘n Sondagskool piekniek lyk.

Boko Haram is ‘n terroriste organisasie wat self gefinansier word deur met dwelms te handel (soos bv. Alkaida en Isis) en nie vryheidsvegters nie. Op hierdie stadium veroorsaak hul die grootste konflik in die wêreld wat afgryslike en onbeskryflike dade pleeg teen die mensdom (kinders en vrouens word nie ontsien nie).

Staatsgrepe is aan die orde van die dag. Daar was al 9 staatsgrepe sedert hul onafhanklikheidswording in 1966. In so onlangs as 2017 was daar weer sprake van ‘n staatsgreep, maar nie uitgevoer nie. Vandag is Nigerië se status ‘n Demokratiese land, maar waarvan die weermag nog tussen 60% tot 70% beheer uitoefen. Dan is daar nog die gevegte tussen die “Cattle Herders” (eienaars van groot getalle vee, maar geen grond) en die boere. So kan ons aangaan. Dit is net ‘n bietjie agtergrond oor die situasie in Nigerië.


Dit is dieselfde Nigerië wat ‘n afvaardiging, waarvan hul Eerste Minister deel is, na ons toe stuur om ons te adviseer hoe om die Xenophobia situasie te hanteer. Dit spreek boekdele van hul arrogansie. Hulle kan nie eens hulle eie land se probleme hanteer nie!

Nou kom ons by die probleem met die Nigeriers in Suid Afrika. Dit is alombekend dat die meeste van hulle betrokke is by dwelmhandel, prostitusie en menshandel. Die enigstes wat nie kennis dra hiervan blyk te wees Meneer Cyril Ramaphosa, sy regering en die Polisiemag. Dwelms verwoes kinders en families se lewens. Stuur ons misdaad die hoogte in, dus moet ons vuur met vuur beveg.


As ‘n burger van Suid Afrika, vra ek jul, stop jul slapgatgeit. Roei korrupsie in Polisiemag uit en tree op teen Nigeriers. Klopjagte in Hillbrow, Sunnyside en ander plekke – elke 6 jaar – is nie die oplossing nie.


Dit is vir my baie hartseer om te sien hoe Suid Afrika afgebreek word en daagliks gebrand word. Dit laat my dink ons is besig om te verval in die Afrika kultuur van anargie.


Meneer die President, ek smeek u – gaan so voort om die Nigeriers terug te stuur waar hul vandaan kom!! Hier sal nie vrede wees voordat hulle is waar hulle hoort nie!! Die kloof is net te groot!!


Moet asseblief nie ons land Suid Afrika uitverkoop onder druk vanaf die Afrika Unie. Met ander woorde, moet nie jou siel verkoop vir ‘n pot sop!


Groete

KGDT

23 views1 comment

Recent Posts

See All

1 Comment


Mariaan du Toit
Mariaan du Toit
Sep 12, 2019

Ek weet nie wat om te se nie?Dis werklik baie hartseer.Was die rede vir die 1ste Xenofobiese aanvalle nie agv die feit dat ons swart burgers gemeen het buitelanders vat hulle werk nie?Nou het dit al meer uitgebrei na meer redes.As die burgers wat so moor, bedrog pleeg, steel op groot skaal ens net hulle initiatief en potensiaal kan gebruik om iets positief te doen in die land sal ons land floreer.Hoekom was daar nog nooit "family planning" beleide geimplementeer in SA soos in China, Hong Kong, Iran, Singapore, Vietnam ens nie?Hoekom word die toegang by ons grense nie beheer nie?Hoekom word die boere wat ons burgers voed vermoor?Baie vrae met hopeloos te min antwoorde.

Like
bottom of page