Rugbyballe, skeidsregters, big in Japan en Vrystaaaaaaat!
Daar wen die bokke toe die “oefen” game teen Japan waaroor almal so groot gewag van gemaak het – so baie geluk met die wen! Die feit dat julle omtrent 200 balle weggeskop het, bekommer my nogals want net Malcolm Marx moes nog geskop het dan het almal in die span ‘n beurt gehad om die bal weg te skop. Ek hoop maar net dit was ‘n taktiek wat in die game gebruik is om die ander spanne te flous. Dit was immers net ‘n oefen “game”.
Omtrent die Curriebeker finaal: wat ‘n wonderlike geleentheid om ons plaaslike rugby aan die wêreld uit te stal!! Die hartseer kom egter wanneer ons na die skeidsregter, Marius van der Westhuizen se performance kyk. Swak meneer die skeidsregter. Ek weet jy sal beskerm word deur almal wat in die hoër gestoeltes sit, want daar is ‘n tekort aan goeie skeidsregters. Jou beslissings maak glad nie sin nie.
Ek wil ook nie nou van “match fixing” praat nie, want dit gebeur mos net in die ander sportsoorte soos krieket, sokker, tennis, ens..
Nee net nie in rugby nie!!!
Marius, ek het eendag na ‘n toespraak van Steve Walsh geluister en hy was vir lank die beste skeidsregter in die wêreld. Hy het gesê, hy het eers ‘n goeie skeidsregter geword toe hy besef, hy is nie die belangrikste ou op die veld nie. Vat ‘n les uit sy boekie uit asseblief, want jy speel met mense se loopbane op die manier waarop jy nou voort ploeter. Ons moet dit sit en aanskou. Sies, dit is ‘n skande Marius!
Baie geluk aan Vrystaat met die wen.
RIP Chester Williams.
Tot volgende keer.
KGDT
You GO!!! KGDT